Liu Xiaobo

Liu Xiaobo
刘晓波
Die Hongkong Belanghebbendesvereniging het 'n optog na die Skakelkantoor van die Sentrale Volksregering gehou om die vrylating van Liu Xiaobo te eis in 2017.
Gebore28 Desember 1955
Sterf13 Julie 2017
Shenyang
NasionaliteitChinees
BeroepSkrywer, digter
Bekend virChinese menseregte-aktivis
Nobelprys vir Vrede-wenner
EggenootTao Li (geskei)
Liu Xia

Liu Xiaobo (刘晓波, Changchun, 28 Desember 1955Shenyang, 13 Julie 2017) was 'n Chinese menseregte-aktivis. Hy is in 2010 met die Nobelprys vir Vrede bekroon vir sy 'lang en vreedsame stryd om fundamentele menseregte in China'. Liu was ten tyde van die toekenning in die tronk; hy is op 8 Desember 2008 gearresteer en meer as 'n jaar later, op 25 Desember 2009, tot elf jaar gevangenisstraf gevonnis. Die rede hiervoor was sy betrokkenheid by die opstel van Handves 08, 'n manifes vir die demokratisering van China.


Developed by StudentB